Download PDF
Back to stories list

An eagle standing on a rock looking down at a hen.

Hen en Arend Hen and Eagle

Written by Ann Nduku

Illustrated by Wiehan de Jager

Translated by Willemien Wannberg

Language Afrikaans

Level Level 3

Narrate full story The audio for this story is currently not available.


A hen and an eagle jumping.

Eendag, lank, lank gelede, was Hen en Arend vriende. Hulle het in vrede saamgeleef met al die ander voëls. Nie een van hulle kon vlieg nie.

Once upon a time, Hen and Eagle were friends. They lived in peace with all the other birds. None of them could fly.


A tired-looking eagle sitting next to a bare tree.

Eendag, was daar ‘n hongersnood in die land. Arend moes baie ver loop om kos te kry. Sy was baie moeg toe sy terugkom. “Daar moet ‘n makliker manier wees om te reis!” sê Arend.

One day, there was famine in the land. Eagle had to walk very far to find food. She came back very tired. “There must be an easier way to travel!” said Eagle.


A hen surrounded by a variety of bird feathers.

Na ‘n goeie nagrus het Hen ‘n briljante idee gekry. Sy het begin om al hul voëlvriende se vere wat uitgeval het, bymekaar te maak. “Kom ons werk hulle vas op ons eie vere,” het sy gesê. “Miskien sal dit dan makliker wees om te reis.”

After a good night’s sleep, Hen had a brilliant idea. She began collecting the fallen feathers from all their bird friends. “Let’s sew them together on top of our own feathers,” she said. “Perhaps that will make it easier to travel.”


An eagle with beautiful wings flying above a hen.

Arend was die enigste een in die dorpie wat ‘n naald gehad het, so sy het eerste begin werk. Sy het vir haarself ‘n paar pragtige vlerke gemaak en hoog bo Hen gevlieg. Hen het die naald geleen maar het gou moeg geword van die gewerk. Sy het die naald op die kas gelos en kombuis toe gegaan om vir haar kinders kos te maak.

Eagle was the only one in the village with a needle, so she started sewing first. She made herself a pair of beautiful wings and flew high above Hen. Hen borrowed the needle but she soon got tired of sewing. She left the needle on the cupboard and went into the kitchen to prepare food for her children.


Lots of birds with beautiful wings flying.

Die ander voëls het vir Arend gesien wegvlieg. Hulle het toe vir Hen gevra om vir hulle die naald te leen, sodat hulle ook vir hulself vlerke kon maak. Gou-gou was daar oral in die lug voëls wat rondgevlieg het.

But the other birds had seen Eagle flying away. They asked Hen to lend them the needle to make wings for themselves too. Soon there were birds flying all over the sky.


Three birds looking at a needle.

Toe die laaste voël wat die naald geleen het, dit terugbring, was Hen nie daar nie. Haar kinders neem toe die naald en begin daarmee speel. Toe hulle moeg word van die speletjie, het hulle die naald in die sand gelos.

When the last bird returned the borrowed needle, Hen was not there. So her children took the needle and started playing with it. When they got tired of the game, they left the needle in the sand.


An eagle sitting on a tree branch and a hen looking for something in her kitchen.

Arend het laat die middag teruggekom. Sy het die naald gevra om sommige van haar vere wat losgegaan het tydens haar reis, reg te maak. Hen het in die kas gekyk. Sy het in die kombuis gesoek. Sy het op die werf gesoek, maar die naald was nêrens te kry nie.

Later that afternoon, Eagle returned. She asked for the needle to fix some feathers that had loosened on her journey. Hen looked on the cupboard. She looked in the kitchen. She looked in the yard. But the needle was nowhere to be found.


An eagle standing on a rock looking down at a hen.

“Gee my net ‘n dag,” het Hen by Arend gesmeek. “Dan kan jy jou vlerke regmaak en wegvlieg om weer kos te kry.” “Net nog een dag,” het Arend gesê. “As jy nie die naald kry nie, sal jy vir my een van jou kuikens moet gee as betaling.”

“Just give me a day,” Hen begged Eagle. “Then you can fix your wing and fly away to get food again.” “Just one more day,” said Eagle. “If you can’t find the needle, you’ll have to give me one of your chicks as payment.”


A hen scratching in the sand and an eagle flying above.

Toe Arend die volgende dag kom, het sy vir Hen gekry waar sy in die sand skrop, maar geen naald nie. Arend het toe blitsvinnig afgeduik en een van die kuikens gegryp. Sy het daarmee weggevlieg. Daarna, wanneer Arend daar aankom, kry sy vir Hen wat skrop in die sand op soek na die naald.

When Eagle came the next day, she found Hen scratching in the sand, but no needle. So Eagle flew down very fast and caught one of the chicks. She carried it away. Forever after that, whenever Eagle appears, she finds Hen scratching in the sand for the needle.


The shadow of an eagle in the sand and three chicks running.

As Arend se skaduwee op die grond val, waarsku Hen haar kuikens. “Kom weg uit die kaal droë grond.” Hulle antwoord dan: “Ons is nie dom nie. Ons sal hardloop.”

As the shadow of Eagle’s wing falls on the ground, Hen warns her chicks. “Get out of the bare and dry land.” And they respond: “We are not fools. We will run.”


Written by: Ann Nduku
Illustrated by: Wiehan de Jager
Translated by: Willemien Wannberg
Language: Afrikaans
Level: Level 3
Source: Hen and Eagle from African Storybook
Creative Commons License
This work is licensed under a Creative Commons Attribution 3.0 International License.
Options
Back to stories list Download PDF