The audio for this story is currently not available.
Lank gelede het drie meisies in die bos hout gaan soek.
A long time ago, three girls went
out to collect wood.
Dit was ‘n warm dag, daarom het hulle na die rivier toe gegaan om af te koel. Hulle het in die water gespeel, geplas en geswem.
It was a hot day so they went down
to the river to swim.
They played and splashed and
swam in the water.
Skielik het hulle besef dat dit al laat was. Hulle het hulle terug na die dorpie toe gehaas.
Suddenly, they realised that it was
late.
They hurried back to the village.
Toe hulle al amper by die huis was, het Nozibele haar hand op haar nek gesit. Sy het haar halssnoer vergeet! “Gaan asseblief saam met my terug!” het sy haar vriende gesmeek. Maar haar vriende het gesê dit was al te laat.
When they were nearly home,
Nozibele put her hand to her neck.
She had forgotten her necklace!
“Please come back with me!” she
begged her friends.
But her friends said it was too late.
Nozibele het alleen teruggegaan na die rivier toe. Sy het haar halssnoer gekry en haastig huis toe gestap. Maar sy het in die donker verdwaal.
So Nozibele went back to the river
alone.
She found her necklace and hurried
home.
But she got lost in the dark.
In die verte het sy ‘n hut gesien waar ‘n lig brand. Sy het vinnig darheen geloop en aan die deur geklop.
In the distance she saw light
coming from a hut.
She hurried towards it and knocked
at the door.
Sy was verras toe ‘n hond die deur oopmaak en sê: “Wat wil jy hê?” “Ek het verdwaal en benodig ‘n slaapplek ” sê Nozibele. “Kom in, anders byt ek jou!” sê die hond. Toe het Nozibele ingegaan.
To her surprise, a dog opened the
door and said, “What do you want?”
“I’m lost and I need a place to
sleep,” said Nozibele.
“Come in, or I’ll bite you!” said the
dog.
So Nozibele went in.
“Kook vir my!” het die hond toe gesê. “Maar ek nog nooit vir ‘n hond gekook nie ” antwoord sy. “Kook, anders byt ek jou!” antwoord die hond. Toe het Nozibele vir die hond kos gemaak.
Then the dog said, “Cook for me!”
“But I’ve never cooked for a dog
before,” she answered.
“Cook, or I’ll bite you!” said the dog.
So Nozibele cooked some food for
the dog.
Toe sê die hond: “Maak my bed op!” Nozibele antwoord: “Ek het nog nooit ‘n bed vir ‘n hond opgemaak nie. ” “Maak op die bed of anders byt ek jou!” sê die hond. Toe maak Nozibele maar die bed op.
Then the dog said, “Make the bed
for me!”
Nozibele answered, “I’ve never
made a bed for a dog.”
“Make the bed, or I’ll bite you!” the
dog said.
So Nozibele made the bed.
Sy moes elke dag vir die hond kook, uitvee en was. Op ‘n dag sê die hond: “Nozibele, vandag gaan ek by vriende kuier. Vee die huis uit, kook die kos en was my goed voordat ek terugkom.”
Every day she had to cook and
sweep and wash for the dog.
Then one day the dog said,
“Nozibele, today I have to visit
some friends. Sweep the house,
cook the food and wash my things
before I come back.”
Toe die hond weg is, het Nozibele drie hare uit haar kop uitgetrek. Sy het een haar onder die bed gesit, een agter die deur en een in die kraal. Daarna het sy so vinnig as wat sy kon, huis toe gehardloop.
As soon as the dog had gone,
Nozibele took three hairs from her
head.
She put one hair under the bed, one
behind the door, and one in the
kraal.
Then she ran home as fast as she
could.
Met sy terugkoms, het die hond na Nozibele gesoek. “Nozibele, waar is jy?” het hy geroep. “Ek is hier onder die bed ” het die eerste haar gesê. “Ek is hier, agter die deur,” het die tweede haar gesê. “Ek is hier, in die kraal,” het die derde haar gesê.
When the dog came back, he looked
for Nozibele.
“Nozibele, where are you?” he
shouted.
“I’m here, under the bed,” said the
first hair.
“I’m here, behind the door,” said the
second hair.
“I’m here, in the kraal,” said the
third hair.
Die hond het geweet Nozibele het hom gekul. Hy het al die pad na die dorpie toe gehardloop. Maar Nozibele se broers het hom met groot stokke ingewag. Die hond het toe omgedraai en weggehardloop en is nooit weer gesien nie.
Then the dog knew that Nozibele
had tricked him.
So he ran and ran all the way to the
village.
But Nozibele’s brothers were
waiting there with big sticks.
The dog turned and ran away and
has never been seen since.